hesterleynel.co.za
Lê-Jou-Eier Skryf-safari: Dieremaniere en manewales - Dis Ekke
Eintlik wil ek nou hier praat oor mannewales, nie manewales nie, want vandag het ek dit beslis oor die manne se wales. Spinnekoppe word nie eintlik beskou as diere nie. Hulle is, uhm, kom ons sê maar goggas en vergeet van die groot woorde, want ek wil praat oor 'n klein mannetjie met groot mannewales.