hesterleynel.co.za
Die feëprinsessie wat 'n gewone mensekind wou wees - Dis Ekke
Die klein feëprinsessie het elke dag van haar lewe gewens en gehoop dat sy eendag 'n goeie heks sou ontmoet wat haar kon omtower in 'n gewone mensekind. Sy was moeg daarvan om elke dag alleen in die feëpaleis te speel in haar mooi geblomde rokkie, spierwit sokkies en blink swart skoentjies.