hesterleynel.co.za
Die perfekte misdaad - of 'n algehele fiasko? - Dis Ekke
Hier lê ek nou in 'n hospitaal in Colombia en lag my gat af oor die Perfekte Fiasko. Dis moeilik om te lag met 'n gebreekte kakebeen, maar die lewe is so 'n fees! Nie eens die feit dat my mond effektief gesnoer is met die drade wat my kake bymekaar moet hou, kan my plesier bederf nie.