hesterleynel.co.za
Om kinders groot te maak - Knight Rider - Dis Ekke
Die pappa voor ons in die ry is besig om vir sy twee seuntjies, seker so vier en vyf jaar onderskeidelik, elkeen 'n speelgoedkarretjie koop. Hy wys hulle die karretjies en verduidelik baie mooi dat hy een blouetjie (vir ouboet) en een groenetjie (vir kleinboet) gekoop het. Dis net die kleur wat verskil.