hesterleynel.co.za
Sê groete aan die Knopbekke - Dis Ekke
Hierdie week se Toeka-Tokkel bydrae is Byname. Ek het grootgeword in die hartjie van Namakwaland waar byname meer algemeen was as hare op ‘n hond se rug en almal het daarmee verlief geneem. Dit was immers die maklikste manier om te onderskei tusen familielede waar die nasate vir geslagte lank dieselfde familiename gedra het: grootoupa Petrus, oupa Petrus, …