hesterleynel.co.za
'n Soete Lentedag - Dis Ekke
Vanoggend, so met die wakkerwordslag, was my moer sommer klaar omgeslaan. Dit het deur die nag ligweg gereën, die mis hang laag oor die grou see, dis bibberkoud en die wind huil om die huis se hoeke soos ‘n boosaardige gees. Ja, natuurlik sê ek vir myself, dis mos die 1ste September en soos gewoonlik …