intiem.co.za
Hoekom jou huwelik seks nodig het
Dit is ‘n baie lekker pret-element van elke suksesvolle huwelik. Maar ook ‘n noodsaaklikheid, want seks het ‘n wonderkrag wat die kweek van intimiteit behels… As jy en jou maat Hollywood-fliek karakters was, was dinge heel ongekompliseerd. Julle sou moontlik tientalle bedmaats gehad het voor julle mekaar ontmoet het en eksklusiwiteit sou nie só belangrik wees nie. Met elke seksuele ervaring, sou seks goedkoper en minder belangrik raak, tot dit later verminder is tot ‘n blote fisieke tydverdryf met geen emosionele bande hoegenaamd ter sprake nie. Maar as lesers van INTIEM glo julle waarskynlik aan die Christelike definisie van ‘n huwelik en erken julle seks as ‘n gawe van God. Wat dinge nogal kompliseer. Want sien, seks ís nie net fisiek nie. Dit is veel meer as net ‘n lyflike joyride…. Seks het fisieke, intellektuele, emosionele en sosiale voordele en hoewel dit beslis vervullend en bevredigend vir elke party kan wees, kan dit ook ‘n huweliksverhouding versterk en die band tussen twee