skryf

Aangename Kennis

Ek skryf omdat ek borrel. Ek borrel woorde tot oorlopens. Soms van frustrasie en soms van lekkerkry. Ek het net ’n laaikas vol gedagtes, sokkies vol skurwepadda-woorde wat oor die rand peul opsoek na hul maats. Ek is ’n woord spook. Skim van skryf. En nou het ek myself so bietjie aan die kraag beetgekry. Ek hoop om met my standaard moedertaal, so bietjie te inspireer, so bietjie te koggel en dalk so bietjie te laat lag… al is dit net effens. Soms sal ek ook so effens dig.

vimeo

Skryf robot writes poems in sand

vimeo

Skryf by Gijs van Bon

http://vimeo.com/84308410

Skryf, The Robot That Writes Poetry In Sand, Reminds Us Of The Ephemerality Of Art Or Whatever

Let us go then, you and I, to meet Skryf, a robot created by Dutch artist Gijs Van Bon. The robot uses a repurposed CNC machine to spray out a thin layer of sand in the shape of letters and …

Read this limk on the original site »

The limk Skryf, The Robot That Writes Poetry In Sand, Reminds Us Of The Ephemerality Of Art Or Whatever appeared first on Limk.

Via: http://ift.tt/1bo5ZW7

Ek Wou nog altyd skryf, of dit goed is of nie is kan julle maar besluit … So I started a blog …

#Witbrood
A day in the life of a 20 something Art director

~ digkuns is een van my groot liefdes en ek sal van my gedagtes daar begin oplaai onder Witbrooddigkuns

Follow it or don’t #whogivesafuck

Witbrood-blog.tumblr.com

Dankie

#blog #Southafrica #pretoria #agneenogfokkenblog #create #design #art #music #life #domore #witbrood #witbrooddigkuns #afrikaans #vsco #vscocam (at Everywhere )

Skryfsomer

Egalig, ritsel, skribbel, skryf
gly die somerwoorde tussen wys
en middelvinger.

Ek volg die druppel krulle
fyn haar, krom hoekies
op die wit papier.

Ek proe die soet bloeisels
wat die nate van my vingers vul,
’n gelukbringer.

’n Blywe reuk draai willekeurig warm
in die koelte van my neus.
’n Plesier. 

Sou ek kon aanhou, sou ek nooit ophou.
Sou ek vir ewig, tussen groen grashale handskrif wou tuisgaan,
my woorde warm sonskyn op papier.
Sou ek die somer van my skryf omhels
en dit met veertig duisend woorde vier.

Kopiereg © 2012 A.M. Stander.

Stop alle horlosies

Stop alle horlosies, diskonnekteer die foon,

keer dat die hond blaf met ‘n sappige been,

maak stil die klaviere en met gedempte trom

bring uit die kis, en laat die roubeklaers kom.


Laat vliegtuige oorhoofs kermend sirkel in hul nood

en skryf teen die lug die boodskap Hy is dood,

sit papierstrikkies om die wit nekke van openbare duiwe,

gee die verkeerspolisie handskoene van swart katoen.


Hy was my Noord, my Suid, my Oos en Wes,

my werksweek en my Sondagreses,

my noen, my middernag, my spraak, my lied;

ek dag die liefde duur vir ewig: dit het nie geskied.


Die sterre is onnodig nou: doof iedereen uit;

pak weg die maan en breek af die son;

giet uit die oseaan en vee op die woud.

Alles wat goed was, is nou klatergoud.


Wystan Hugh Auden (1907-1973)


 

Vertaald uit het Engels in het Afrikaans door Johann de Lange


 

Funeral Blues


Stop all the clocks, cut off the telephone.

Prevent the dog from barking with a juicy bone,

Silence the pianos and with muffled drum

Bring out the coffin, let the mourners come.


Let aeroplanes circle moaning overhead

Scribbling in the sky the message He is Dead,

Put crêpe bows round the white necks of the public doves,

Let the traffic policemen wear black cotton gloves.


He was my North, my South, my East and West,

My working week and my Sunday rest

My noon, my midnight, my talk, my song;

I thought that love would last forever, I was wrong.


The stars are not wanted now; put out every one,

Pack up the moon and dismantle the sun.

Pour away the ocean and sweep up the wood;

For nothing now can ever come to any good.

KRAGTIGE SIMBOLE VAN VERSET

Rubriek deur Fanie Krige

Op Donderdag 9 April 2015 hoor ek oor die radio iemand se kommentaar op die vorige dag se gebeure by die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria. Regsgesinde Afrikaners het onder leiding van die sangers Sunette Bridges en Steve Hofmeyr by die monument saamgetrek om protes aan te teken teen onder meer die EFF se veldtog om gedenktekens uit die “apartheidsera” te verwyder.

In die twiet wat oor die radio voorgelees is, skryf die kommentator dat sy as hedendaagse Afrikaner haarself nie kan assosieer met die Voortrekkerdrag, uniforms van die ou SA Weermag, die Vierkleur en die sing van Die Stem wat by dié betrokke geleentheid te sien en te hoor was nie.

Ek het nuus vir haar: as die regering nie vinnig daarin slaag om gemoedere te kalmeer en gesonde debat oor die plek van ons monumente te bevorder nie, sal sy waarskynlik binne die volgende ses maande skarrel om ook vir haar ‘n kappie en ‘n lang rok van sis aan te skaf. En sy gaan in die strate met duisende ander Die Stem en ander volksliedere sing.

Die rede is dat die gebruik van sulke simbole waarskynlik een van die kragtigste maniere is om op ‘n nie-geweldadige wyse uiting te gee aan ‘n groep mense se beswaardheid oor owerheidsoptrede wat hom benadeel of sy onmag.

Meer as twintig jaar gelede het die Afrikaner sy politieke mag prysgegee en hom met oorgawe ingewerp in die skep van ‘n nuwe bedeling waarin daar vir almal ‘n plekkie onder die son was. Die aanvanklike euforie, wat aangewakker was met veral suksesse op die sportveld, soos die Wêreldbekerglorie van 1995, het na die Mandela-presidentskap stadigaan die wyk geneem tot ons nou die stadium bereik het waar ontnugterde jong wit mense met ‘n banier aan die voete van Oom Paul die stelling maak: Ons gaan nêrens heen nie! Duidelik voel hulle ‘n bestaansbedreiging aan en dat die erwe van hul vadere nie vir hul kinders erwe gaan bly nie.

Ongelukkig begryp die ANC-regering nie hierdie vrese nie en is daar ook nie haas om die krisis te hanteer nie. Vir die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, is die beelde ‘n simbool van rassisme en sien hy net frustrasie oor die stadige pas van transformasie. Hy sien heil in die Nasionale Erfeniswet van 1999 wat voorsiening maak vir die verskuiwing van standbeelde en monumente na slegs ‘n konsultasieproses van dertig dae.

Ongetwyfeld is die skrif aan die muur vir die Afrikaner se monumente! En sy vermoê om iets daaraan te doen, is uiters beperk, selfs met ‘n paar adjunk-ministers uit sy geledere in President Zuma se kabinet, meelopers wat waarskynlik oor dié saak groter swye as Nommer Een self gaan handhaaf.

Wat ons dus gaan sien, is regsgedinge deur Afriforum en ‘n merkbare toename in nie-geweldadige versetoptredes. Dink maar wat gaan gebeur as die besluit geneem word om Oom Paul en Jan van Riebeeck se standbeelde te verwyder.

Mense in Voortrekkerdrag gaan hulle aan daardie standbeelde vasketting –  dalk vir weke. Rondom daardie monument gaan daar nog honderde ander in soortgelyke drag of in ou weermaguniforms ook wees. As jy dit werklik nie wil dra nie, is daar nog die Steve Hofmeyr-opsie: ‘n Ek is Jan-hempie! En almal swaai die vierkleur – daardie uitbreiding op die Franse revolusionêre vlag en simbool van die strewe na vryheid is veel sterker as die Oranje-Blanje-Blou se boodskap van versoening -  en sing protesliedere.

Dié drag en gedrag is kragtige simbole van wie die Afrikaner is en waarvandaan hy kom. Ek het die uitwerking daarvan gister op die gesigte van die omstanders se gesigte waargeneem: hulle was  verbluf en stil!

Die doel van dié optrede sal wees om die wêreld se oë sal op die Afrikaner se saak te plaas en enige optrede deur die regering of ander vyandige groepe sal vir hulle simpatie wen, mits die betogers die Ghandi-doktrine van geen geweld toepas, selfs al daag die internasionale nuusspanne nie op nie. Daarvoor sal die alomteenwoordigheid van die sosiale media sorg.

Daar is nie veel ander opsies vir die Afrikaner oor as hy hom as ‘n saakmakende faktor in die land wil handhaaf nie.

Vir die ANC-regering is die guns van die Afrikaner dalk belangriker as wat hy dink. Dalk moet hy nie so hard probeer om die radikale elemente, wat hulle tans in die EFF en die Vavi-groepering in die vakbondwese bevind, terug te wen nie. As hierdie land wil groei en internasionale beleggings wil lok, moet hy eerder die goue middeweg volg. Die Afrikaner het reeds in 1994 en in 2010 gewys dat hy graag saamwerk en hom met al sy kwaliteite geheel-en-al aan Afrika verbind het.

Wat president Zuma nodig het, is ‘n Zelda la Grange. Die vertrek van Mac Maharaj skep dalk net die geleentheid om ‘n skerp Afrikaner-denker as sy woordvoerder aan te stel.


Fanie Krige is ‘n media- en skakelkonsultant by Solid Stuff Creative en bied ook strategiese bestuursondersteuningsdienste aan.

anonymous asked:

How many languages can you speak?

English is my first language and the language that doesn’t make me all too anxious about speaking out loud, however I can speak two other South African languages with varying fluency.

Ek kan Afrikaans praat 'n bietjie. Maar is ek beter om te skryf in die taal.

no Ndithetha isiXhosa intwana.

And I tend to greet in French just to be annoying.

¯\_(ツ)_/¯

Vir oupa

In ‘09 het ek en my sussie vir ons oupa ’n boek geskryf…gedink om dit met die julle te deel. Dalk laat dit jou ook na hom verlang.

As ek aan my oupa dink, moet ek agteruit dink. Soos die tyd verby gaan, stap dit in sagte tik-tik terug. Die groot klok slaan dong tot in sy groen studeerkamer waar oupa stil en gefokus agter sy boeke sit. Die Hebreeuse skrifte lê swaar en ongesteurd en stof vergader, soos wagte op die pikswart trap. Soos ons by die hoekvenster uit loer, sit oupa in stilte…maar ons sweet hy is besig. Besig met iets belangrik.
   Die olifante se tande blink vir hom. Hulle roep hom saam met die groot klok. Kom oupa.  Die nag loer skrefies deur die gordyne, die badwater tap al hoër. Nog ’n dong laat ons vaakoog met die trein droomland toe. Oupa is steeds besig.
   Sy glimlag kreukel sy hele gesig. Die gordyne oor sy oë sak tot halfpad, ek wonder of hy dan net so min sien soos die Sjinese. Ek sukkel met sy hare, ek weet nie mooi hoe om dit te teken nie. 

Ek maak maar twee bolle aan die kante van sy kop. 
Sy tande is reguit, plat soos twee klippe op mekaar. 
Hy kou sy koffie saam met sy pap.
My oupa is ’n groot vriendelike reus.

Oupa is nie kwaai nie, hy was nog nooit.
Maar sy saggies praat laat my so bietjie stilbly. 
Ek is bang hy word nog stiller.
Soos die donderweer voor hy slae gee.
Voordat hy ons papnat brul.
Maar by oupa is dit nog altyd net groen gras, ’n fiets en ’n grassnyer

Agter daardie oë, blink drome. Onder die breë rand hoed, wemel gedagtes, interessante draatjies loop en kronkel woorde en ’n boodskap.

Wat dink oupa as hy so stil is?

Kopiereg © 2012 A.M. Stander. 

Skrywers.

Ek dink nie na

wanneer ek skryf

ek volg maar net

‘n spoor van ink

wat langsaam

in my

in

dring

en sê wat ek verswyg

Wat is dit wat skrywers laat skryf?  Gebeur daar net ‘n storie in hulle kop wat móét uit?  Droom hulle in die nag van ‘n moord en skryf dan ‘n speurverhaal?  Dalk is hulle so oorstelp met liefde dat hulle terstond na die pen gryp en ‘n storie skryf.  Dit bly vir my ‘n immer tergende…

View On WordPress