Hello!

Tumblr is where tens of millions of creative people around the world share and follow the things they love.

Sign up to find more cool stuff to follow

Mountain Gorilla

image

In die Kongolese Bekken van Sentraal-Afrika, woon berg Gorillas in digte woudbedekte vulkaniese areas in troepe van tot so veel as  dertig lede. Daar is minder as 800 in die wild, en hulle is kritiek bedreig. 

Hulle leef sowat vyf-en-dertig jaar en is langer as ‘n volgegroeide man, en weeg tot drie keer meer. Hulle is groter as ander gorillas en hulle dik pels hou hulle warm in koue temperature. Hulle is nomadies en bou elke aand nuwe neste in bome of op die grond.

Families het ‘n baie noue verband en die mannetjie sal sy familie aggresief verdedig sonder vrees vir homself. Gorillas is eintlik skaam en sag en val net aan indien bedreig. Mannetjies sal intimideer met aggressiewe optredes van krag. Dominante mannetjies is bekend as ‘silverbacks’. Wyfies kan net ‘n enkele baba elke drie of vier jare hê.

Hul dieet is plante, vrugte en insekte.

Wetenskaplike naam: Gorilla Beringei Beringei.

Loading more posts...